Ster Klassiek
Ster werd in 1973 in Lissabon geboren en volgde haar opleiding B-mus aan het Stellenbosch Conservatorium in Zuid Afrika, waar ze in 1997 haar diploma haalde als pianiste/accordeoniste/componiste. Hoewel Ster blind is geboren heeft ze een eigen manier van kijken ontwikkeld. Zij doet dit door haar waarnemingen om te zetten in composities. Deze verraden haar klassieke opleiding, maar bevatten ook elementen uit de jazz en wereldmuziek.
Toen de Nederlandse zanger en componist Stef Bos haar voor het eerst hoorde spelen, was hij zeer enthousiast.
Hij nodigde haar uit om in zijn studio opnames te komen maken en dit is het resultaat.
Stef over STER
Die konsep van ‘n reeks donkerkonserte het ontstaan uit die idée om die gehoor die musiek te laat ervaar in dieselfde wêreld waarin dit geskep is. ‘n Wêreld waarin ‘n mens sonder oë kan sien. ‘n Wêreld waarin musiek geen visuele effekte, ligvertonings of video uittreksels nodig het om te bestaan nie. Dus ‘n reis na die kern van die musiek wat dit ‘n uitsonderlike belewenis maak vir die hedendaagse publiek. Ek wou graag die regie van hierdie vertoning doen omdat ek jare gelede ‘n besondere ervaring gehad het. Tydens ‘n eksperiment met smaak waaraan ek deelgeneem het, is ek geblinddoek en moes ek verskillende vrugte, geregte en bestanddele proe en van mekaar onderskei. Ek het ontdek dat die smaak sensasie veel groter was as normaalweg. Met hierdie Donkerkonserte van Ster dink ek dat sy die gehoor ‘n soortggelyke gevoel sal kan gee met musiek. .
Tydens die opname sessies het ek en Ster die ingewing gekry om die musiek af te wissel met kort teksvoorlesings deur my.
Dit word ook in hierdie vertoning gedoen. Soms word die musiek deur die woorde ingelei en soms net omring.
Ster over STER
Wat gebeur as klanke in jou wereld kom woon…? Party weemoedig ver en ander woes en orals. Klanke kan jou laat smelt en vries - sidder en bokspring tegelyk. Soms klouter en krioel hulle oormekaar soos ‘n gemaal van gesprekke in ‘n oorvol restaurant. Dan rek en strek en groei hulle uitmekaar en begin bons soos stemme in ‘n lee gebou. Soms wurm hulle hulle in jou wese in – warm en teer soos ‘n nuwe bondeltjie mens in jou arms! Klanke het gate in wat hulle laat lewe. Soms word die gate suisende stiltes wat stories sing en soms nikse wat als laat ophou. Op elke plek waar jy kom, praat die stiltes ‘n ander taal. Klanke kan jou bekruip, gekoekon in watte. Ander kere weer deurboor hulle jou gonsende gedagtes en ruk jou regop. Of hulle bedwelm en omvou jou soos ‘n kamer vol wierook en kerse - malmaakmooi!
Klanke het hope plek vir prentjies wat jy kan frommel en skommel soos jy luskry. Klanke kan jou aan enigiets laat ruik, voel of proe.